Isabella Carstens

Die bediening vir Onderlinge Sorg bestaan uit:
- Gebed - Wimpie Barnard
- Groeigroepe - Isabella Carstens
- Jeug - Elize Viljoen
- Kruisvroue - Elfriede Meistre, Karina Mare, Amanda Buurman, Susan Joubert & Diana Martens
- Manne Diensgroep - Barnie Beyers
- Senior lidmate - Marieleen Preller, Ria Crews, Wanda Lourens, Dries van Rooyen, Gert Compion
- Elengos - Isabel van der Merwe
- Jacob se put - Maretha Nortjé
- Gasvryheid - Adri Pauer
- Vlytige hande - Rina Swanevelder
-
Gebed
Wimpie Barnard
Ons Diensgroep vir Gebed sorg dat gebed altyd op alle vlakke ‘n hoë prioriteit sal geniet in Garsfontein Gemeente. Hulle reël spesiale gebedsgeleenthede bv Gebedsimfonieë, gebedsondersteuning vir lidmate en die uitstuur van SMS-gebede. Hulle kom ook op weeklikse basis byeen op ’n Dinsdagoggend om 06:00 vir gebed.
As jy graag deel wil word van die gebedsgroep of iets op die gebedslys wil plaas kontak:

Wimpie Barnard - Gebed
-
Groeigroepe
Isabella Carstens
Hierdie Diensgroep hanteer alle sake wat verband hou met ons gemeente se groeigroepe. Indien u betrokke wil raak kontak:

Isabella Carstens - Groeigroepe
Wat dit alles insluit is die stigting van nuwe groepe, die opleiding van Groei-groepleiers, leiding ten opsigte van temas, die stimulering van lidmate se gawes en talente en die waarneem van teeskink-beurte.
-
Jeug
Elize Viljoen
Ons kinders is vir ons baie belangrik. Die Peuters tot en met Gr 6 kinders (junior jeug), kom op Sondagoggende bymekaar. Die Gr 7 tot Belydenisklas kinders groepeer onder die senior jeug en kom Sondagaande bymekaar. Op Donderdagaande is daar Bybelstudie geleenthede vir die hoërskool leerlinge en Sondagaande na kerk kan die jongmense wat klaar belydenis afgelê het en nog nie kans sien vir Aksie Rondom 20 nie, by GAP aansluit. Ons streef daarna om die kinders d.m.v kleingroepe die Here Jesus Christus beter te leer ken, geestelik te verryk en te versterk.
Junior Kategese (Peuters & Kleuters) is gedurende kwartaaltyd vanaf 08:30 tot 09:30. Gr 0 – Gr 6 is gedurende kwartaaltyd vanaf 08:30 tot 09:45.
Senior Kategese (Gr 7 en Hoërskool Jeug) is gedurende kwartaaltyd vanaf 18:15 tot 19:15.
Indien u sou belangstel om te help om enige van die Kategese of sosiale groepe te hanteer kontak gerus vir:

Elize Viljoen - Jeugkoördineerder
-
Kruisvroue
Elfriede Meistre
Kruisvroue het dit ten doel om alle vroue in die gemeente geestelik te verryk.
Hulle doen dit deur funksies, byeenkomste, kursusse en spesiale projekte.
Onder hulle sorg val ook die aanwending van blomme by spesiale geleenthede by die kerk, die estetika van ons fasiliteite, die bestuur van die kombuis, Vrydagaand-verkope by die kerk en verversings by begrafnisse.
Indien u by een van hierdie funksies wil inskakel skakel gerus vir:
Elfriede Meistre - Kruisvroue
Blomme diensgroep (Rangskiking van blomme tydens nagmaal en spesiale geleenthede) . Kontak gerus vir:

Karina Mare - Blomme
Estetika (Skep van atmosfeer in kerkgebou en spesiale geleenthede). Kontak gerus vir:

Amanda Buurman - Estetika
Vrydagaandverkope (Hulp met voorberei en verkoop van hamburgers en vetkoek Vrydae middae). Begrafnisse (voorberei en bedien van toebroodjies en tee tydens begrafnisse). kontak gerus vir:

Susan Joubert - Vrydagaandverkope
Fondse – Diana Martens

-
Manne Diensgroep
Barnie Beyers
Die manne diensgroep is nie strikkies en frilletjies nie, ons wil eerder mekaar met 'n klap op die blad groet, ondersteun en ook so 'n paar rand vir die gemeente in.
Ons wil graag deur ons byeenkomste geestelik groei en die Here en ons gesinne dien as nederige hoof van die huis.
As jou vrou nou betrokke is by Kruisvroue moet jy besig bly. Kom sluit by ons aan.
Kontak vir:

Barnie Beyers - Manne Diensgroep
-
Senior lidmate
Marieleen Preller
Ons Diengroep vir Senior Lidmate bestuur die diensgroep aan ons senior lidmate in ons aftreeoorde en in die res van die gemeente. Hierby word ingereken die weeklikse Bybelstudie vir seniors, Senior Pinkster, klereverkope om fondse te in vir noodsorg onder ons seniors, uitstappies en toere en die onderlinge ondersteuning by wyse van ‘n “buddy-stelsel”.
Indien u wil betrokke raak, skakel gerus vir:

Marieleen Preller - Senior lidmate
Ria Crews by Haven Village:

Ria Crews
Wanda Louwrens by DeoGratia:

Wanda Louwrens
Dries van Rooyen by Serenepark:

Dries van Rooyen
Gert Compion by Glen Haven:

Gert Compion
-
Elengos
Isabel van der Merwe
Elengos in Grieks beteken om “Om te gee”. Dit is wat die groep na strewe. Ons skakel en/of besoek lidmate wat siek is of wat enige trauma beleef. Ons is ook ingeskakel by die polisiekantore in ons omgewing.
Ons ondersteun fisies, psigies, emosioneel & finansieel. Ons nooi enige persoon wat in nood is om ons te kontak. Ons kan onder andere help met kos en klere. Alle sake word konfidensieel gehanteer.
Ons sal baie graag ons ledetal wil uitbrei. Enige persoon wat betrokke wil raak kan ons gerus kontak.
Ons vergader elke Woensdagoggend om 08:30 by die Jeugsentrum langs die kerk.
Ons missie is om werklik ons ondersteuningsrol uit te leef. Kom ons gee om vir mekaar.
Kontak ons gerus:

Isabel van der Merwe - Elegos
-
Jakob se Put
Marétha Nortjé
Jakob se Put is ‘n bediening vir mense wat tussen werk is. Dit bestaan uit ‘n databasis wat deur verskeie gemeentes op datum gehou word vir mense wat werk soek. Werkgewers is ook ingeskakel by die databasis wat betrekkinge dan beskikbaar stel vir mense opsoek na werk.
Indien u dus ‘n werk wil adverteer of opsoek is na werk kontak gerus vir:

Maretha Nortjé - Jacob se put
-
Gasvryheid
Adri Pauer
Die gasvryhiedsbediening is verantwoordelik vir die verwelkoming en inskakeling van nuwe lidmate.
Hierdie bediening is verantwoordelik vir die reël van ‘n geleentheid per kwartaal om aan nuwe lidmate ‘n vinnige orientering van ons gemeente se funksionering te gee. Ons verwelkom ook mense Sondae by die ingang van die kerk.
As jy ‘n passie het vir mense en ‘n gawe het om hulle welkom te laat voel, kom help ons.
Skakel gerus vir:

Adri Pauer - Gasvryheid
-
Vlytige Hande
Rina Swanevelder
Hierdie is ‘n groep vroue wat weekliks bymekaar kom, bybel lees en ‘n kreatiewe aktiwiteit beoefen. Ons maak teddiebere, brei, maak geskenkpapier, boekies en doen “decoupage” kerk. As jy iets nuuts wil aanleer en geestelik wil groei is kontak gerus vir:

Rina Swanevelder - Vlytige hande
Program vir die week
Dagboek vir die week:
6 Februarie:
08:00 Jakob se Put
10:00 Leraarsbediening
7 Februarie:
06:00 Gebedsgeleentheid
07:30 Vroue Bybelstudie
08:30 Elengos
19:00 Erediensbeplanning
8 Februarie:
09:00 Dienssentrum tot 11:00
09:00 Bybelstudie
10:00 Mamma groepie
9 Februarie:
18:00 Orkesoefening
Groeigroepe
10 Februarie:
05:45 Mannebediening
16:00 Hamburgers
11 Februarie:
18:30 Voorbereidingsdiens
19:00 Potjiekos
Teeskink Beurte:
5 Februarie 2012
Wanda Louwrens
12 Februarie 2012
Wim de Jonge
19 Februarie 2012
Dawid Mouton