Marina le Grange

Ondersteuningsdienste bestaan uit:
- Finansies (Fondse) - Theunis Ebersohn
- Diensverhoudinge - Fred Maree
- Inligtingstegnologie - Ben Vorster
- Kommunikasie & Lidmaatskap - Yolandé Dodds & Esther Smit
- Toerusting - Marina le Grange
- Eiendomme - Faan van der Merwe, Fransie Prinsloo & Ans Ebersohn
-
Fondse (Finansieel)
Theunis Ebersohn
Die Diensgroep vir Fondse het die taak om alle finansiële inkomstes en uitgawes so te bestuur dat die saak van die Here ten beste daardeur bevorder kan word. Hierdie Diensgroep hou ook oorhoofs toesig oor alle fondsinsamelingsprojekte by die jaarlikse gemeentefees.
Enige inisiatiewe rondom fondsinsamelings is welkom en u kan gerus vir Theunis Ebersohn kontak:

Theunis Ebersohn - Fondse Melanie Moolman - Finansiële Bestuurder - Kerkkantoor
-
Diensverhoudinge
Fred Maree
Die Diensverhoudinge diensgroep hanteer alle sake rakende die betaalde personeel van Garsfontein Gemeente. Sake soos dienskontrakte, salarisse en diensverhoudinge word hier bestuur.
As jy ‘n passie het vir personeelsake en graag vir Fred wil help, kontak:

Fred Maree - Diensverhoudinge
-
Inligtingstegnologie
Ben Vorster
Die Diensgroep vir IT bestuur alle sake rakende die volgende aktiwiteite:
Instandhouding van bestaande IT dienste:
• Kerkkantoor (rekenaars, epos en nternet);
• Gemeente webwerf (nstandhouding en utbreiding);
• Predikante: Laptops Ondersteuning van kerkkantoor t.o.v. IT behoeftes;
• Versekering dat rugsteun in plek is;
• Optimale funksionering van IT dienste: rekenaars, drukkers, epos en internet;
• Hernuwing van tegnologie: vervang van rekenaars, drukkers ens;
• Ondersteuning van multi-media;
• Ondersteuning van rekenaartoerusting;
• Bystand t.o.v. vernuwing van tegnologie;
• Innovering en identifisering van nuwe tegnologie wat tot voordeel van die gemeente aangewend kan word.
As jy ‘n passie het vir IT en ons behulpsaam kan wees, kontak vir:

Ben Vorster - IT
-
Kommunikasie & Lidmaatskap
Kerkkantoor
Die Diensgroep vir Kommunikasie word hoofsaaklik bedryf deur die kerkkantoor personeel en leraars. Kommunikasie geskied gereeld by wyse van mondelinge en skriftelike afkondigings, die elektroniese Familie Nuus, die Pastorale Brief in die wyke asook deur SMSe.
Alle lidmaatskap aangeleenthede word ook deur die kerkkantoor hanteer.
Indien jy artikels kan skryf wat almal se aandag trek, kan jy ons gerus kontak:

Yolandé Dodds - Registerhouer Esther Smit - Administrasie
-
Toerusting
Marina le Grange
Die Diensgroep vir Toerusting hanteer alle sake rondom die toerusting van gemeentelede, gemeenteleiers en personeel. Groeikrag - geleenthede word ook een keer ‘n kwartaal aangebied.
Hierdie Diensgroep besin en verskaf ook temas vir bespreking by Groeigroepe – in samewerking met die Diensgroep vir Groeigroepe.
Kontak vir:

Marina le Grange - Toerusting
-
Eiendomme
Faan van der Merwe
Die Diensgroep hanteer alle sake rondom die kerkeiendom en tuine. Instandhouding geniet aandag en indien nodig word kwotasies ingewin en van professionele hulp gebruik gemaak.
Die Eiendoms diensgroep het ‘n behoefte aan mense wat kan help, bv: Persone wat belangstel in die instandhoudingsdienste; Persone wat kennis het en ervare is in instandhouding; van tyd tot tyd benodig ons persone soos argitekte, bourekenaars, klank en elektriese kundiges om ons advies te gee oor uitbreidings en veranderings.
Indien u behulpsaam kan wees by die Eiendom bediening kontak:

Faan van der Mewe - Eiendom Fransie Prinsloo - Rose kenner
Indien jy ‘n “tuin kenner” is en idees of hulp kan aanbied kontak vir:
Ans Ebersohn - Tuin kenner
Program vir die week
Dagboek vir die week:
6 Februarie:
08:00 Jakob se Put
10:00 Leraarsbediening
7 Februarie:
06:00 Gebedsgeleentheid
07:30 Vroue Bybelstudie
08:30 Elengos
19:00 Erediensbeplanning
8 Februarie:
09:00 Dienssentrum tot 11:00
09:00 Bybelstudie
10:00 Mamma groepie
9 Februarie:
18:00 Orkesoefening
Groeigroepe
10 Februarie:
05:45 Mannebediening
16:00 Hamburgers
11 Februarie:
18:30 Voorbereidingsdiens
19:00 Potjiekos
Teeskink Beurte:
5 Februarie 2012
Wanda Louwrens
12 Februarie 2012
Wim de Jonge
19 Februarie 2012
Dawid Mouton