Nico Barnard

Die bediening vir Aanbidding bestaan uit:

  1. Eredienste - Nico Barnard & Frans van Nieker
  2. Musiek - Theodine Janse van Rensburg, Maryke van der Hoven & Waldo Viljoen
  3. Multi-media - John Taylor

  • Eredienste

    Die Erediens Diensgroep oorsien alles wat met die eredienste in Garsfontein Gemeente verband hou. Dit sluit sake in soos:

    • Opneem en tel van offergawes;
    • Nagmaalbediening;
    • Eredienshulpmiddele;
    • Alle sake rakende die gesins– en tradisionele eredienste;
    • Jeugdienste saans;

     

    Ons doel is om deurleefde eredienste te bevorder waar mense waarlik ‘n ontmoeting met die lewende God sal hê. Indien u betrokke wil raak by die eredienste deur middel van Nagmaalbediening of om kollekte op te neem.

    Kontak gerus vir:

       

                  Nico Barnard                                              Frans van Niekerk

  • Musiek

    Theodine Jansen van Rensburg

    Die Musiek Diensgroep bestuur all sake wat verband hou met ons gemeenteorkeste, musiekleiers, voorsangers, aanbiddingsleiers, musiekinstrumente (ook instandhouding daarvan), besoekende kunstenaars en kore, spesiale sangdienste, keuse van liedere en aanleer van nuwe liedere. Deur ons musiek wil ons bydra tot die lof van God in ons eredienste.

    Indien u graag betrokke wil raak by die gemeente se musiekbediening, kontak vir:

    Theodine Janse van Rensburg - Musiek

    Vir Oggenddienste kontak vir:

    Maryke van der Hoven - Musiekleier Oggenddienste

    Vir Aanddienste (Jeug) kontak vir:

    Waldo Viljoen - Musiekleier Jeugdienste

  • Multi-Media

    John Taylor

    Die Multi-Media Diensgroep is verantwoordelik vir die bestuur van ons kerkrekenaar en data-projektors, enige DVD-aanbiedings in die dienste, klanktoerusting, Power Point aanbiedinge in die dienste, videoopnames en klankopnames. Met hierdie tegnologie wil ons ons eredienste verryk sodat die boodskap helder gekommunikeer kan word aan vandag se mens.

    Kontak gerus vir:

    John Taylor - Multi-Media

Program vir die week

Dagboek vir die week:

6 Februarie:        

08:00 Jakob se Put

10:00 Leraarsbediening

 7 Februarie:        

06:00 Gebedsgeleentheid

07:30 Vroue Bybelstudie

08:30 Elengos

19:00 Erediensbeplanning

8 Februarie:

09:00 Dienssentrum tot 11:00

09:00 Bybelstudie

10:00 Mamma groepie

 9 Februarie:

18:00 Orkesoefening

Groeigroepe

 10 Februarie:

05:45 Mannebediening

16:00 Hamburgers

 11 Februarie:

18:30 Voorbereidingsdiens

19:00 Potjiekos

 Teeskink Beurte:

5 Februarie 2012

Wanda Louwrens

12 Februarie 2012

Wim de Jonge

19 Februarie 2012

Dawid Mouton