• Voorblad
  • Eredienste
  • Dagboek
  • Bedieninge
  • Kontak ons

Bedieninge

  • Aan die stuur
    • Leraars
    • Pastorale Hulpe en Kapelaan
    • Bedryfsbestuurder
  • Aanbidding
    • Eredienste
    • Musiek
    • Multi-Media
  • Onderlinge Sorg
    • Gebed
    • Groeigroepe
    • Jeug
    • Kruisvroue
    • Manne Diensgroep
    • Senior lidmate
    • Elengos
    • Jakob se Put
    • Gasvryheid
    • Vlytige Hande
  • Ondersteuningsdienste
    • Fondse (Finansieel)
    • Diensverhoudinge
    • Inligtingstegnologie
    • Kommunikasie & Lidmaatskap
    • Toerusting
    • Eiendomme
  • Getuienis
    • Missionêre Barmhartigheid
    • Laerskool Eendract
    • Lig Kinderbediening
    • Reënboog projekte
    • Dolphinhuis
    • Passiespel
    • Spesiale Uitreike

Januarie 2012

'n Voorspoedige en geseënde 2012 word u almal toegewens!

Eredienste gedurende Januarie 2012

8 Jan - 09h00 - Ds Ronnie Stanton

Geen tee sal na eredienste bedien word tot en met 8 Jan 2012

Leraars met verlof:

Dr Gavin Meistre - 25 Desember tot 13 Januarie 2012

Ds Lieneke Neethling - 27 Desember tot 6 Januarie 2012

Dr Johan van der Merwe - 8 Desember tot 14 Januarie 2012

Kerkkantoor heropen op 9 Januarie 2012 om 08h00

Indien u die kerkkantoor benodig kontak vir Yolande Dodds (082 375 4763) of Org van Heerden (083 378 2467)

Senior lidemate van 60 jaar en ouer wat NIE in 'n aftree oord woon nie

Alle lidmate van 60 jaar en ouer wat NIE in 'n aftree oord woon nie word hartlik uitgenooi om op 12 Februarie 2012 na die oggend erediens om 09h00 in die kerk agter te bly

Ons gemeente is volgende jaar 30 jaar oud

Alle lidmate wat dalk nog ou foto's van ons gemeente of gemeentelede het, moet dit asb kerkkantoor toe bring. Ons sal dit skandeer en weer aan u terugbesorg! Ons wil dit gebruik met die basaar in 2012.

 

Nagmaalsnaweek en Potjiekos 2012!


Ons jaarlikse tradisionele nagmaalsnaweek en potjiekos vind plaas op 11 Februarie 2012. Moet asb nie hierdie geleentheid misloop nie. Meer besonderhede oor die program van die nagmaalsnaweek sal vroeg volgende jaar gekommunikeer word.

Die potjiekos werk so:

Dit is gratis en almal is baie welkom.

Hoe kan jy deel wees hiervan?

Ons soek vrywilligers wat die potjie vir ons kan maak. Al die bestandele word voorsien. Gee asb jou naam vir die kerkkantoor en sê ook wat jou pot se grootte is.

Indien u net wil saam eet, gee asb ook u naam by die kerkkantoor op voor /op 7 Februarie 2012.


Unieke Pelgrimsreis na Israel

KOM NEEM DEEL AAN 'N UNIEKE PELGRIMSREIS NA ISRAEL!

Gavin en Elfriede Meistre neem 'n toergroep na Israel waar hulle vir 10 dae bekende Bybelplekke gaan besoek.

Hierdie is 'n een-keer-in-'n-leeftyd geloofsreis in die voetspore van Jesus. Van die hoogtepunte is: Kaïro, die piramides, 'n rit op die Nylrivier, die Suezkanaal, die berg Sinaï en Sinaï woestyn, die Rooisee, Eilat, die Dooie see, Masada, Qumran, Jerigo, Nasaret, 'n rit op die see van Galilea, Kapernaum, Magdala, Kana, Sesarae en uiteindelik Jerusalem, met al sy gedenkplekke soos: klaagmuur, die Via Dolorosa, nagmaal by die tuingraf, die Olyfberg, ens.

Ons beplan om as toer vooraf saam te kom, sodat ons goed kan voorberei vir die toer. Die vertrekdatum is 28 Junie 2012 - in die skoolvakansie. Kom deel in hierdie geestelike hoogtepunt van 'n leeftyd! Kontak Gavin @ 082 060 4905 / This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

Kruisvroue verkoop droë vrugte

Pere - R15 (250g), & R30 (500g) & Vrugtelekkers - R15 (250g)

Kontak Susan @ 012 420 3175


Jnr & Snr Kategete dringend benodig vir 2012!

Kontak asb dringend vir Fralene @ 082 613 3318

NG Garsfontein, Powered by Joomla! Hosting by SiteGround